Koeberg se Eenheid 1 werk weer

Eskom het die suksesvolle sinchronisasie met die netwerk aangekondig van Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale, nadat drie stoomopwekkers vervang is. Volgens die Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena is dit ‘n groot mylpaal in die operasionele opwekking-herstelplan, en stem dit ooreen met die kragvoorsiener se strategiese doelwitte. Mokoena sê die tydperk wat Eenheid 1 uit diens was, was die langste in die stasie se geskiedenis. Sy voeg by Eenheid-2 sal aan diens onttrek word sodra Eenheid-1 bestendig is, na die voltooiing van al die nodige ingebruiknemingstoetse.