August 26 se tenders in die nuus

August 26 was die afgelope paar maande dikwels in die nuus. In September is berig die maatskappy het ‘n tender van 255 miljoen Namibiese dollar gekry om klaskamers te bou vir die ministerie van onderwys kuns en kultuur. Onlangs het hulle weer ‘n tender van die akkerbou-bemarking en handelagentskap, Ampt, gekry ter waarde van 400 miljoen dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless Peoples Movement, oor wat dit beteken vir ander plaaslike maatskappye wat ook hul besighede wil laat groei.