Hitte affekteer Taylor Swift-konsert

Die gewilde Amerikaanse sangeres Taylor Swift het haar vertoning gisteraand in Rio de Janeiro uitgestel weens versengende hitte, die dag ná die dood van ’n aanhanger wat in die snikhete Nilton Santos-stadion siek geword het. “Die besluit is geneem om vanaand se vertoning uit te stel weens die uiterste temperature in Rio,” het Swift sowat twee uur voordat sy op die verhoog sou gaan op Instagram geskryf. “Die veiligheid en welstand van my aanhangers, mede-kunstenaars en span moet, en sal altyd eerste kom.” Rio het Vrydag ‘n rekordhoogtepunt van die hitte-indeks, wat temperatuur en humiditeit kombineer, op 59,3 grade Celsius bereik. Saterdag het die hitte-indeks weer ’n rekord-hoogtepunt bereik van 59,7 grade Celsius.