Bestuurskole word gereguleer
Die KwaZulu-Natalse departement van vervoer sê sy regulering van bestuurskole in ʼn poging om korrupsie uit te roei, is op ʼn gevorderde stadium. Elf verdagtes wat vermoedelik verbind kan word met bedrog wat leerling- en bestuurslisensies betref, is vroeër die week in Melmoth in die noorde van KwaZulu-Natal gearresteer. Die departement se woordvoerder, Kwanele Ncalane, sê die inhegtenisnemings is deel van ʼn skoonmaakoperasie wat ook na ander toetssentrums uitgebrei sal word.