Gesonde manne, gesonde lewens, sê White Ribbon

Die White Ribbon-veldtog in Namibië sal môre samesprekings met mans in die hoofstad hou as deel van Internasionale Mansdag, onder die tema: Gesonde manne, gesonde lewens. Die geleentheid het ten doel om mans die geleentheid te bied om kontak te maak, ervarings te deel en ‘n sterk broederskap te bou. Die geleentheid gaan hand-aan-hand met die veldtog se 16 Dae van Aktivisme-program wat daarop fokus om geweld teen vroue en meisies te beëindig. Kosmos 94.1 Nuus het met Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon, oor die vieringe gepraat.