Kleinskaalse vissers kry visvangregte
Die ANC in die Wes-Kaap verwelkom die toekenning van visvangregte van 15 jaar aan kleinskaalse vissers deur die visserye-minister, Barbara Creecy. Die party neem kennis van die nood en marginalisering wat vissersgemeenskappe ervaar en hoop dat hierdie regte die lewensbestaan binne die gemeenskappe aansienlik sal verbeter. Die woordvoerder van die ANC, Muhammad Sayed, sê hierdie gebeure is veronderstel om geskiedkundige ongelykhede teen te werk en positiewe verandering vir alle begunstigdes uit benadeelde gemeenskappe te bevorder.