Tyson Fury verwag vuurwerke

Tyson Fury pak Oleksandr Usyk op 17 Februarie in Saoedi-Arabië. Die wenner sal die eerste onbetwiste swaargewigkampioen in die viergordel-era wees. Die 36-jarige Usyk van Oekraïne is die kampioen van die WBA, WBO en IBF, en die 35-jarige Fury van Brittanje dra die WBC-gordel. Albei is onoorwonne. Volgens Fury sal dit ‘n reuse eenwordingssgeveg wees.