Uraan-vergadering begin op Leonard 

Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne se vergadering op Leonardville het begin. Die komitee, onder leiding van Tjekero Tweya, vergader met vergader in verband met uraanontginning in die Stampriet-bekken en sal met die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of te wel Sauma, gehou word. Sauma is sterk gekant teen die ontginning van uraan in die gebied as gevolg van moontlike waterbesoedeling wat UraniumOne, die Russiese uraan-reus wat die ontginning wil doen, ten sterkste ontken. Tweya het in sy openingsaanmerkings gesê mense moet kalm bly. Eksplorasie is die eerste fase, maar met die kansellasie van die Russe se waterpermit, staan alles op die oomblik stil.