Brink verwelkom nuwe bestuurspan by Tshwane

Die Stad Tshwane-burgemeester, Cilliers Brink, het alle nuut-aangestelde Artikel 56-bestuurders amptelik by die metro verwelkom. Die senior bestuurders is op ‘n permanente basis aangestel en sluit in die hoof-bedryfsbeampte Vuyo Zitumane, polisiehoof Yolande Faro, en die finansiële hoof, Gareth Mnisi. Brink sê hulle het ‘n geskikte groep vaardige beroepslui gekies, wat instrumenteel sal wees om die stad om te keer en te verseker dat die netwerke van korrupsie vernietig word: