Arteta van wangedrag aangekla

Die Sokkervereniging het Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, van wangedrag aangekla ná opmerkings wat hy vroeër die maand gemaak het toe sy span teen Newcastle verloor het. Hy het die video-hulpskeidsregter se besluit om Anthony Gordon se doel in die 1-0-nederlaag op St. James’ Park te erken, as skandelik beskryf. Die vereniging sê Arteta se opmerkings kom neer op wangedrag omdat dit beledigend teenoor beamptes en tot nadeel van die spel is. Hy het tot Dinsdag tyd om op die aanklag te reageer.