Parool: Oscar hoor volgende Donderdag

Die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius sal twee dae ná sy 37ste verjaardag wat hy op 22 November vier sy lot weet met die paroolraad wat na verwagting volgende week Vrydag ‘n datum vir sy vrylating sal bepaal. Die Konstitusionele Hof het in Oktober bevind dat hy reeds die minimum vonnis uitgedien het vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag in 2013.  Die hof het ook opdrag gegee dat sy vonnis tot Julie 2016 terugdateer word. Die Departement van Korrektiewe Dienste het tydens Pistorius se appèlaansoek voor die Konstitusionele Hof erken dat hy in Maart vanjaar reeds sy minimum vonnis uitgedien het.