VSA hou voet by stuk Hamas skuil agter Al-Shifa

Human Rights Watch sê beeldmateriaal wat deur Israel vrygestel is, van wapens wat volgens hulle in die Al-Shifa-hospitaal in Gaza gevind is, is nie voldoende vir die herroeping van die hospitaal se beskerming-status onder die oorlogswette nie. Die Israeliese weermag sê hulle het ‘n Hamas-tonnelskag en ‘n voertuig met wapens by die hospitaal blootgelê. Human Rights Watch sê Israel het nie bewys dat skadelike dade vanuit die hospitaal gepleeg is nie. Intussen sê die Withuis se woordvoerder vir die Nasionale Veiligheidsraad, John Kirby, dit is duidelik dat Hamas die hospitaal as ‘n bevelsentrum gebruik: