Diddy word beskuldig van verkragting, sekshandel

Die musiekmagnaat Sean Combs, ook bekend as Diddy of Puff Daddy, is deur sy voormalige vriendin, Casandra Ventura, van verkragting, mishandeling en sekshandel beskuldig. In hofstukke beweer die sanger en danser, wat onder die verhoognaam Cassie optree, dat die Hip-Hop-ikoon haar, vandat sy 19 en hy 37 jaar oud was, oor ‘n bestek van tien jaar verkrag en geslaan het. Sy eis nou sowat 551 miljoen Namibiese dollar van die stigter van Bad Boys Records. Combs het die aantygings ontken en Ventura daarvan beskuldig dat sy hom probeer afpers.