Gift of the Givers se Gaza-hoof sterf

Gift of the Givers het aangekondig dat die organisasie se hoof in Gaza, Ahmed Abbasi, in die voortslepende konflik dood is. Abbasi en sy broer is vanoggend dood toe hulle van oggendgebed teruggekeer het. Abbasi, ‘n pa van drie, is beskryf as ‘n sagte, warm mens. Hy het sedert 2013 die mense van Gaza gedien en was verantwoordelik vir die implementering van verskeie projekte, insluitend die versorging van weeskinders, weduwees, bejaardes en siekes.