Babastortings: Aborsie is nie outomaties ‘n opsie nie

‘n Verdagte is gearresteer nadat inligting bekom is terwyl die Khomas-polisie ‘n babastorting in Havana in die hoofstad ondersoek het. In ‘n tweede onlangse babastorting, ook in Havana, is ‘n ondersoek van stapel gestuur en as die ma opgespoor word sal sy ook gearresteer word. Verdagtes staar 20 tot 30 jaar tronkstraf in die gesig as hulle aan die misdryf skuldig bevind word. Sasha Louw, stigter van Prolife Namibia, ‘n organisasie wat teen aborsie is, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en raad gegee aan vroue met ongewenste swangerskappe.