Moordverhoor van twee Chinese burgers vandag in die hof

Die moordverhoor van twee Chinese burgers Xuefeng Chen, 33 en Zhenhai Zhou, 35, duur vandag voor waarnemende regter Duard Kesslau voort. Die twee, wat vry is op borg van 100 000 Namibiese dollar elk, word daarvan beskuldig dat hulle ‘n werknemer Haushiku Andreas Muyevu op 17 April 2019 doodgeskiet het. Muyevu is vier keer geskiet en blykbaar gelos om te sterf en die twee beweer hulle het uit selfverdediging opgetree nadat hy hulle na bewering met ‘n hamer aangeval het.