Standard Chartered skik oor onmededingende gedrag
Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika het ‘n skikkingsooreenkoms bereik met die multinasionale bank, Standard Chartered van die Verenigde Koninkryk. Ingevolge die skikkingsooreenkoms het die bank aanspreeklikheid erken in die manipulasie van die Amerikaanse dollar en die Suid-Afrikaanse rand-geldeenheids-paar tussen 2007 en 2013. Die bank het verder ingestem om ‘n administratiewe boete van 42,7 miljoen rand te betaal. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê die bank het ook deelgeneem aan die verdeling van markte en verdeling van kliënte.