Stad Windhoek vies vir Elektrisiteitsbeheerraad
Die Stad Windhoek is teleurgestel in die Elektrisiteitsbeheerraad se planne om ‘n sentrale streekelektrisiteits-verspreider te stig, ondanks sy besware. Die Stad het in ‘n verklaring reageer op ‘n berig wat in die Namibian Sun verskyn het, en sê die ECB blyk ‘n agenda te ondersteun wat nie strook met die belange van plaaslike owerhede nie. Die Stad is beswaard oor die raad se beoordeling van sy toekomstige vermoë om krag effektief te voorsien, en sê dis ongegronde aannames en projeksies waaroor hy nie formeel ingelig of mee bespreek is nie. Hy verwys na sy bewese rekord van elektrisiteitsbronne-bestuur sonder enige skuld aan NamPower, en voeg by ‘n sentrale streekelektrisiteits-verspreider moet nie ten koste van die Stad en sy inwoners kom nie.