Perd wat in vliegtuig loskom, kos baie geld

‘n Vragvliegtuig wat van New York op pad was na België, is gedwing om net na hy opgestyg het om te draai nadat ‘n perd wat hy vervoer het los gekom het. Die perd het binne ‘n halfuur van die vlug se opstyg losgekom, toe die vliegtuig op ongeveer 31 000 voet was. Die vlieënier van die Air Atlanta Icelandic Boeing 747 het toestemming gevra om terug te draai nadat bemanningslede nie in staat was om die perd in sy stalletjie te kry nie. Met honderde ton brandstof vir die transatlantiese vlug opgesaal, is die vliegtuig gedwing om sowat 20 ton oor die Atlantiese Oseaan neer te stort voordat dit veilig kon land. Dis ‘n duur ontsnapping daardie.