Kriminele ondersoek gelas na Mwezi-leeujag

Die trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober vorm nou deel van ‘n kriminele ondersoek deur die Namibiese polisie. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid sê klagte is gelê en die kantoor van die Ombudsman het ook ‘n ondersoek gelas. Smit het met Kosmos 941.1 Nuus gepraat.

Die Regshulpsentrum het ook onlangs sy mening oor die jag uitgespreek en dit het meer vrae oor die wettigheid daarvan laat ontstaan. Mwezi is deur die deurwinterde leeu-navorser dr. Flip Stander as ‘uiters belangrik vir die leeu bevolking in die verre noordweste van die land beskryf.