Nog drama met Lichtenstrasser saak
Daar is weer ‘n wenteling in die saak van die moordenaar Ernst Lichtenstrasser. Hy is op 2 November deur regter Christie Liebenberg skuldig bevind op die 2019 moord van Eckhard Mueller en Heimo Hellwig, twee direkteure van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie op Arandis. Hy het vanoggend verskyn ter voorbereiding vir finale argumente voor vonnisoplegging maar, sy regsverteenwoordiger Albert Titus het onttrek. Lichtenstrasser het ook aan Liebenberg gesê hy voel nie lekker nie en dus is die saak tot môre uitgestel. Sy hofsaak is gekenmerk deur uiters wisselvallige getuienis deur die 61-jarige Lichtenstrasser.