VN skort hulp op in Gaza, brandstof is klaar
Die Verenigde Nasies se Agentskap vir Palestynse vlugtelinge waarsku sy humanitêre operasies in Gaza gaan binne 48 uur tot stilstand knars wanneer sy brandstof op is. Die hoof van die agentskap, Thomas White, sê die afgelope drie weke en na noue samewerking met die regering van Israel, kon hulle toegang kry tot ‘n grootmaat-brandstof opgaartenk in Gaza op die grens met Egipte. Maar die opgaartenk is nou leeg. Hy sê geen brandstof kon sedert verlede Dinsdag Gaza binnekom nie. Die direkteur van die Britse Palestinian Solidarity-veldtog Ben Jamal sê is skietstilstand is die enigste oplossing.