Vrou soek haar toekomstige man met ‘n advertensie-bordjie
In ‘n era van aanlyn afsprake, kan dit voel asof jy omsingel is in ‘n eindelose warrelwind van potensiële kandidate, in die hoop dat jy met ten minste een persoon iets sal vind. Maar nou het ‘n vrou wat keelvol is vir die eindelose mislukte aanlyn-afsprake die strate van New York met ‘n ‘rom-com-benadering’ ingevaar.
Karolina Getis, wat voel dat dating-apps ‘n mors van tyd is, het besluit om reg in eie hande te neem deur die Groot Appel se strate in te vaar met ‘n bordjie wat lees: ‘Soek ‘n man.’
Die vrou het ‘n reeks emosies van lag tot intrige laat ontketen terwyl sy met haar bordjie rondgeloop het. Ons hoop sy kry haar pot se deksel.