Plaaslike vragvervoerders gesels oor SA se vervalle padinfrastruktuur
Die onlangse Webfleet-padveiligheidsverslag in die buurland het bevind dat verslegtende paaie ‘n hooffaktor is by ongelukke, volgens kommersiële vervoermaatskappye. Van die ander redes wat beklemtoon word is bestuurdermoegheid en voertuigonderhoud. Kosmos 94.1 Nuus het met FP du Toit se hoof uitvoerende beampte, Stefan Terblanche, gesels oor hoe hulle dit ervaar en die situasie in Namibië.