Skoolfonds: Plaaslik sal daar wel verhogings wees, maar dis billik

Waarskuwings is in die buurland gerig oor skerp stygings in skoolgeld en mediese fondstariewe vir volgende jaar. Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, sê tydens die Covid-19 pandemie kon baie ouers nie skoolfooie bekostig nie, of hulle het nie betaal nie omdat hulle kinders tuis gebly het, en goeie betalers het slegte betalers geword. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Privaatskolevereniging van Namibië, Colette Rieckert, gepraat oor die situasie ter plaatse.