Korrektiewe dienste-lid sterf in motorongeluk

’n 53-jarige lid van die Namibiese korrektiewe dienste is in ‘n motorongeluk 40 kilometer buite Otjiwarongo oorlede. Hy en drie ander passasiers was in ‘n Jetta onderweg vanaf Windhoek na die Noorde toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit verskeie male gerol het. Die oorledene is uit die voertuig geslinger, wat toe op hom beland het, volgens die polisieverslag. Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen en een van die passasiers is in ‘n kritieke toestand, terwyl die ander se beserings wissel van lig tot ernstig. Hulle is almal na die Otjiwarongo staatshospitaal vervoer.