Bavuma aan die herstel
Die kaptein van die Proteas, Temba Bavuma, se kanse om Donderdag in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Australië te speel, het skynbaar verbeter nadat hy vandag aan ʼn oefensessie in Kolkata deelgeneem het. Hy het ʼn dyspierbesering opgedoen in verlede week se laaste groepwedstryd teen Afghanistan. ESPN-cricinfo berig Bavuma se fiksheid word tot Donderdag fyn dopgehou, maar die mediese span glo vas hy sal in staat wees om die Proteas aan te voer. Gashere Indië en Nieu-Seeland spook sake uit in die eerste halfeindstryd Woensdag, en die eindstryd vind Sondag plaas.