Engelend-sterre uit Windies-reeks

Krieket: Slegs ses spelers van Engeland se Wêreldbeker-groep sal die land in volgende maand se eendagreeks teen die Windies op die Karibiese Eilande verteenwoordig. Jos Buttler behou die kapteinskap al kon die verdedigende kampioen nie die halfeindronde bereik nie. Joe Root, Jonny Bairstow en Mark Wood kry ʼn blaaskans voor die begin van die toetsreeks teen Indië in Januarie, terwyl die toetskaptein, Ben Stokes, ʼn operasie ondergaan vir ʼn knie wat hom al lank reeds pla. Die eendagreeks van drie wedstryde teen die Windies word opgevolg met vyf T20’s.