Macron bied N$20 miljard vir navorsing oor smeltende pool-ys

Die Franse president, Emmanuel Macron, het hom verbind tot die besteding van meer as 20 miljard Namibiese dollar aan navorsing van nou tot 2030, te midde van kommer oor smeltende pool-ys en gletsers. Die lot van die aarde se poolstreke en gletsers het volgens berigte groot bekommernis veroorsaak by talle wetenskaplikes, want hittegolwe gaan blykbaar nou gereeld by albei pole voorkom. Wetenskaplikes waarsku die helfte van die wêreld se 200 000 gletsers kan teen die einde van die eeu verdwyn. Macron sê dit is ‘n bedreiging wat dringende aandag nodig het.