Key vat verantwoordelikheid vir swak vertoning van Britse krieketspan

Engeland se besturende direkteur, Rob Key, sê hy meer as enigiemand anders, moet blameer word vir die span se uiters swak vertoning by die Wêreldbeker in Indië. Die verdedigende kampioene kon nie die halfeindstryde haal nie na hulle met ses nederlae in hulle eerste sewe wedstryde die aftog moes blaas. Engeland was aanvanklik een van die gunstelinge van die toernooi, maar hulle was heel onder op die punteleer, totdat oorwinnings teen Nederland en Afghanistan hulle tot die sewende plek opgeskuif het. Key het toegegee sy prioriteit was toetswedstryde eerder as die beperkte 50-boulbeurt-formaat: