Green Day speel ‘n verrassingsoptrede
Tommy McGuinness, kroegbestuurder van The Marquis, naby Covent Garden en Trafalgar Square, sê hy is genader om te vra of ‘n “groot Amerikaanse orkes” by die lokaal kan optree.
“Dit was ‘n bietjie van ‘n warrelwind om eerlik te wees,” het McGuinness aan media gesê. “Dit blyk dat Billie Joe lief is vir dié kroeg.”
Dit is die kleinste plek waar Green Day nog opgetree het.
McGuinness sê daar is vir hom gesê die “groot Amerikaanse orkes” wil op ‘n spesifieke dag by die lokaal speel, maar hy moes die platemaatskappy vertel dat hy ‘n ander groep reeds vir dié datum bespreek het.
Hy sê ongeveer 80 mense kon na die optrede kyk, en voeg by: “Almal in die kroeg, had the time of their life.”
Foto; Rolling Stone