Amerikaners val Iranse instellings in Sirië aan

Die Pentagon het bevestig ‘n nuwe sarsie lugaanvalle is op Iranse instellings in Sirië uitgevoer, wat verbind word met tientalle onlangse aanvalle wat Amerikaanse troepe in die land en in die naburige Irak geteiken het. Dit is die derde keer in minder as drie weke dat die Amerikaanse weermag plekke in Sirië teiken wat verbind word met Iran se Islamitiese Revolusionêre Wag. Die aanvalle is uitgevoer op ‘n opleidingsinstelling en ‘n plek van veiligheid. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, sê president Joe Biden het dit duidelik gemaak dat Amerika homself, sy mense en sy belange sal verdedig.