Geen verandering in werkloosheidsyfers word in SA verwag nie

Die Suid-Afrikaanse arbeidsontleder, Michael Bagraim, sê hy verwag nie binnekort groot veranderinge aan die land se werkloosheidskrisis nie. Statistieke Suid-Afrika sal môre in Pretoria die resultate bekendmaak van die kwartaallikse arbeidsmagopname vir die derde kwartaal van vanjaar. Die huishoudelike steekproefopname meet die arbeidsmarkaktiwiteite van individue van 15 tot 64 jaar oud. Bagraim sê die regering het nie genoeg gedoen wat die skep van werksgeleenthede betref nie: