Omuthiya-meisie, 13, swanger na herhaaldelike verkragting
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak van verkragting na ‘n 13-jarige meisie van Omuthiya tussen Mei en November vanjaar herhaaldelik verkrag is deur ‘n 21-jarige man. Die verdagte het volgens die mag die meisie na sy kamer genooi in die tydperk en sy is nou swanger. Die polisie sê die verdagte is bekend maar nog nie in hegtenis geneem nie omdat die ondersoek voortduur.