‘Vir elke Hamas-lid wat jy skiet, hoeveel skep jy?’

Die oorlog in die Midde-Ooste bly in die nuus. Die Arabiese leiers se vergadering het gelei tot ‘n beroep vir ‘n onmiddellike skietstilstand maar, Israel skop vas, gerugsteen deur sy bondgenoot die VSA. Intussen is meer as 11 000 burgerlikes in Gaza sedert 7 Oktober dood en die humanitêre krisis verdiep. Elon Musk het sy stem tot die konflik bygevoeg en sy kommer oor die radikalisering van Palestyne uitgespreek.