Wanvoedingsyfers in Oos-Kaap skok

Dit is nie net Namibië wat skokkendse syfers oor wanvoeding het nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se ondersoek in die Oos-Kaap wat ‘n haglike situasie oor kinderwanvoeding onthul het, het groot verontwaardiging in die buurland veroorsaak. Nie minder nie as 116 kinders het tussen 2021 en 2022 weens wanvoeding in die provinsie gesterf. Die ondersoek het nog ‘n krisis ontbloot –  die hoë voorkoms van belemmerde groei  van 27 persent van die kinders weens wanvoeding. Die verslag het onstellende gesondheidsuitdagings onthul en die behoefte aan omvatttende voedingsprogramme, veral in landelike gebiede en by vroeë leersentrums, benadruk.