Dagga-aanleg in Lesotho die maand opgeveil
Die grootste buitelug-aanleg vir daggaverbouing in Lesotho word op die 22ste van hierdie maand opgeveil. Highlands Investments hou die eerste en grootste handelslisensies vir die kweek, verwerking en verpakking van hoë gehalte tetrahydro-cannabinol en Cannabidiol-daggablomme. Broll Auctions and Sales hanteer die veiling van die onderneming van 20 hektaar met bates soos ‘n moderne verwerkings- en verpakkings-aanleg, ‘n natuurlike waterbron, drie mega-boorgate, drie reservoirs van ‘n miljoen-liter, ‘n volledig geïntegreerde besproeiingstelsel en verskeie ton CBD- en THC-biomassa.