Namibië in Maleisië hokkie-finaal
Namibië het na die top van die log gestorm en die eindstryd van die Sultan Nazrin Shah Mans internasionale binnenshuise hokkietoernooi in Ipoh, Maleisië, gehaal. Namibië het Australië met 12-1 oorheers om hul plek in die mans-eindstryd te bespreek, wat Saterdag om 2-uur Namibiese tyd gespeel word. Delron Handura, wat vier doele aangeteken het, is as speler van die wedstryd benoem. Fagan Hansen het drie doele aangeteken en Cody van der Merwe twee, terwyl Dakota Hansen, Ernest Jacobs and Dylan Finch elk ‘n doel geslaan het. Namibië se teenstander in die eindstryd sal waarskynlik die wenner van die wedstryd tussen Suid-Afrika en die gasheer Maleisië wees.