Doëseb ‘sal gemis word’

Verskeie hooggeplaastes was teenwoordig by die roudiens vir die ontslape komponis van die Namibiese volkslied, Axali Doëseb, wat in die Parlementstuine in die hoofstad gehou is. Die eerste minister, Saara Kuugongelwa Amadhila, het die hoofrede gelewer. Doëseb sal môre vanaf half-agt by die Pionierspark-begraafplaas ter ruste gelê word. Tydens die gedenkdiens het die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, gesê dat Doëseb toegewyd was aan die party en dat hy gemis sal word.