Leerder, 13, doodgeslaan oor truiNovember 10, 2023

Die polisie op Oshikoto sê ’n 13-jarige graad 6 leerder is dood in die Eengodi-kiesafdeling na hy deur ‘n 25-jarige man aangerand is met ‘n stok. Die seun was op pad huist toe na skool toe die verdagte hom en sy vriend voorkeer oor die kind se trui. Hy het hom teen sy kop en in sy gesig geslaan oor die trui. Die kind het ernstige kopbeserings opgedoen en is na die Omthiya-staatshospitaal afgevoer waar hy beswyk het aan sy beserings. Die verdagte sal vandag in die hof in Ondangwa verskyn op klagte van moord. Dit is nie bekend hoekom daar oor die trui baklei is nie.