Tragedie tref Shania Twain se Queen Of Me-toer, na bemanningsbus ongeluk

Tragedie het Shania Twain se toer getref toe twee van hul voertuie, die bemanningsbus en vragmotor, in ‘n ongeluk in Kanada betrokke was.

Die ongeluk het daartoe gelei dat verskeie lede van die toer-groep gehospitaliseer is.

‘n Verklaring wat deur Maverick Management, die bestuursmaatskappy van Shania Twain, vrygestel is, het onthul dat die voorval tydens haar Queen Of Me-toer plaasgevind het toe twee voertuie van die toer in ‘n ongeluk was terwyl hulle tussen Winnipeg en Saskatoon gereis het. Die slegte weer het gevaarlike bestuurstoestande veroorsaak.

Foto: Verskaf