Dors inwoners van Oshikoto moet registreer vir watertenkwaNovember 10, 2023

Petrus Nehale, woordvoerder van die Oshikoto-streekraad, doen ‘n beroep op gemeenskapslede wat kritieke watertekorte ondervind om by hul onderskeie kiesafdelingskantore vir watertenkwa dienste te registreer. Verskeie nedersetting ervaar watertekorte maar Nehale sê hulle werk aan ‘n langtermynplan wat daarop gemik is om die kwessie aan te spreek. Hy sê 60 persent van sy inkomste van plaaslike owerhede en kragverspreiders Nored en Cenored is aan die uitdaging gewy. ’n Verdere 634 615 Namibiese dollar is in die huidige boekjaar bewillig vir landelike ontwikkelingsprogramme, insluitend vir waterpypleidings. Die raad gesels ook met die lynministerie. Hy versoek inwoners om geduldig te wees. Tien watertenkwaens is saam met die ministerie beskikbaar gestel om water aan gemeenskappe te verskaf en daarom moet inwoners so spoedig moontlik hul name op die lys kry om water te bekom.