Ministerie bied swart renoster-bul vir trofeejag aan

Die Namibiese omgewingsministerie het een post-reproduktiewe swart renoster-bul beskikbaar vir ‘n trofeejag in die 2024 seisoen. Dit is ingevolge beide nasionale en internasionale regulasies. Die ministerie sal teenwoordig wees tydens die jag en vra alle geregsitreerde Namibiese maatskappye wat vir grootwild-jag geregistreer is om aansoek te doen. Alle aansoek moet in Namibiese dollar uiteengesit word, sowel as die beplande datum van die jag. Die ministerie sê 20 persent afslag sal gegun word aan enige Namibiese maatskappy wat 20 persent aandeelhouding het deur vooraf-benadeelde landsburgers en/of 10 persent sou die professionele jagter ‘n vooraf-benadeelde Namibiër wees. Aansoeke moet teen 8 Desember ingedien wees.