AfriForum sê hy het vervalste betalingsbewys van EFF
AfriForum sê hy het afgekom op vervalste bewyse vir die betaling van regskoste van 316 000 Suid-Afrikaanse rand deur die EFF. Die betaling spruit uit ‘n kostebevel in September in ʼn saak oor grondbesetting wat deur Standard Bank bevestig is en wat glo deur ʼn onbekende finansier gemaak is. Die organisasie se private vervolgingseenheid het ’n diepgaande ondersoek van stapel gestuur na vervalsing en bewerings van bedrog. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Ernst van Zyl, sê hulle beoog om die identiteit van die geheime EFF-weldoener bekend te maak om lig te werp op moontlike strafregtelike bedrywighede: