NV hoor ontwikkeling kry te min geld
Die ontwikkelingsbegroting het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die skadu-finansminister van die opposisie PDM-party, Nico Smit, betreur die klein bedrag van 6,5 miljard Namibiese dollar wat vir ontwikkeling begroot is. Smit sê die begroting vir operasionele uitgawes beloop 66 miljard dollar van die totale begroting van 86,4 miljard dollar, maar die bedrag vir ontwikkeling is nie eens in die midtermyn-begroting aangepas nie.