President verklaar nasionale routydperk

President Hage Geingob het ‘n tydperk van nasionale rou ter ere van wyle Axali Doëseb verklaar. Doëseb, die komponis en skrywer van die Volkslied, is op die 27ste Oktober oorlede. Die routydperk sal strek van môre tot Saterdag ná die staatsbegrafnis by die Pionierspark-begrafplaas in Windhoek. Alle nasionale vlae in Namibië en diplomatieke missies in die buiteland sal halfstok hang vir die duur van die rou-tydperk.