Windhoek moet minder water gebruik

Windhoekers word weer gemaan om hul waterverbruik af te skaal. Inwoners het die teiken van 423 000 kubieke meter per week met ‘n allemintige 113 000 kubieke meter, of 27 persent oorskry. Die stand van die damme is ook nie goed nie, met die Von Bachdam wat tans op net 17,9 persent is en die Omatako wat steeds dolleeg is. Windhoek se burgemeester, Joseph Uapingene, vra inwoners om water spaarsamig te gebruik.