Kyk eers na die armes: Dirkse
Die Wêreldbank se vise-president vir Oos- en Suidelike Afrika, Dr Victoria Kwakwa, sê werkloosheid en ekonomiese druk sal verlig word as Namibië kyk na waardetoevoeging in landbou en klein- en medium ondernemings. Sy het aan president Hage Geingob gesê die voordele van groen waterstof, olie en gas sal eers op die lang termyn na vore tree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Roberto Dirkse, die PDM-party se presidensiële woordvoerder, wat saamstem.
Dirkse voeg by dat al is die groen waterstof-, olie- en gasprojekte goed vir die land, moet ons kyk na iets wat ‘n werklose Namibiër sal bevoordeel.