Olieprys val dramaties
Oliepryse het met meer as 2 persent gedaal tot hul laagste in meer as drie maande. Brent-ruolie verhandel tans teen net bo 80 Amerikaanse dollar per vat, wat die laagste is sedert middel Julie. Kosmos 94.1 Nuus het by die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gaan kers opsteek oor die rede vir die daling in pryse.