Stad Windhoek maak behuisingsplanne

Die Stad Windhoek en die Nasionale Behuisingsonderneming is in samesprekings om die lewering van behuising en grond in die hoofstad te versterk, volgens burgemeester Joseph Uapingene. Hy sê die stad stem saam om sy benadering tot hierdie kwessies te herstrategiseer en te versnel, maar die stad het hulp nodig van die regering en die onderneming om behuising te verskaf. Uapingene voeg by dat hy ook ‘n stads-bank oorweeg om inwoners te help spaar sodat hulle hul eie huise en grond kan koop. ‘n Komitee sal gestig word om ‘n aksieplan in hierdie verband uit te werk.